Local newsNews

Juffrou durf Two Oceans aan om dit te geniet

Persoonlike beste tye was die jaar nie vir Zanmari Laubscher belangrik nie, sy wou haar tweede Twee Oceans marathon net geniet.

VANDERBIJLPARK – Zanmari Laubscher het op 11 April vir die tweede maal die Twee Oseane-marathon aangepak. Hierdie jaar het sy net een doel gehad en dit was om dit te geniet.

Alhoewel dit baie warm en bedompig was en die meeste atlete se tye stadiger was as die vorige jaar, was die dag op die pad vir Zanmari baie lekker. “Ek het mooi foto’s langs die pad geneem en dit regtig geniet,” vertel sy.

56km later en Zanmari Laubscher glimlag steeds. Foto verskaf/Zanmari Laubscher

Volgende jaar gaan sy dié marathon beslis weer aanpak, maar dan het sy ook ‘n ander groot marathon in haar visier.

Die Comrades-ultramarathon vier volgende jaar sy 100ste bestaansjaar en Zanmari wil deel wees van die duisende atlete wat dié dag die lang pad gaan aandurf.

Sy gee graad vyf Engels by die Laerskool D.F. Malherbe. Die skool het op hul Facebookblad geskryf: “….. en daar doen sy dit! Baie geluk juffrou Zanmari Laubscher. Jy is ‘n STER en DF is ongelooflik trots op jou. Two Oceans Marathon, 56km in die sakkie.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button