Heidelberg dalk ligging van Vaal-lughawe
Die planne vir die Vaal se nuwe internasionale lughawe kry nou vinnig koers.
Hoewel die presiese perseel nog nie vasgestel is nie, word die Heidelberg–Rietspruit-korridor in die Sedibeng-distrik as die gunsteling beskou.
Hierdie projek vorm deel van die voorgestelde Vaal Spesiale Ekonomiese Sone (SES), wat oor sowat 817 hektaar in Heidelberg, Rietspruit, Langlaagte, Zwartkopjies en Kookfontein sal strek.

Die openbare konsultasieproses oor die voorgestelde SES is op 3 Maart amptelik deur die Minister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Parks Tau, bekend gemaak.
Die tydperk vir openbare kommentaar het op 20 April gesluit.
Die ontwikkeling is nog in die konsultasie- en voor-aanwysingsfase, en geen finale besluit is nog geneem nie.
Die minister sal nou die ingediende insette oorweeg voordat ’n besluit oor formele aanwysing geneem word.
Verskeie openbare betrokkenheidsessies het reeds in die Sedibeng-distrik plaasgevind.

Die Vaal Aerotropolis-lughawe vorm een van die kernprojekte van dié ontwikkeling.
Volgens ontwikkelaars is dit ontwerp om aanvanklik sowat 7,2 miljoen passasiers per jaar te hanteer, asook ongeveer 150 000 ton vrag per jaar.
Die Gautengse Groei- en Ontwikkelingsagentskap en die provinsiale regering dryf die projek. Die Departement van Handel, Nywerheid en Mededinging sal die voorgestelde SES bestuur, onderhewig aan ’n openbare deelnameproses.
Die ontwikkeling is nog in die konsultasie- en voor-aanwysingsfase, en geen finale besluit is nog geneem nie.
Volgens die Die Departement van Handel, Nywerheid en Mededinging is daar reeds sogenaamde prioriteitsbeleggers gereed om in die 2026/27-boekjaar met ontwikkeling te begin, sou die projek goedgekeur word.

Die SES is ontwerp om verskeie sektore te huisves, insluitend logistiek, hernubare energie, groen waterstof, landbouverwerking en vervaardiging.
Dit sluit aan by Suid-Afrika se nasionale groen waterstofstrategie wat in 2023 goedgekeur is.
Die beplande lughawe se ligging word ook ondersteun deur ’n beoogde direkte aansluiting tot die N1.
Volgens die Die Departement van Handel, Nywerheid en Mededinging is daar reeds sogenaamde prioriteitsbeleggers gereed om in die 2026/27-boekjaar met ontwikkeling te begin, sou die projek goedgekeur word.
As die N1-verbinding soos beplan werk, sal besoekers vanaf Johannesburg se kant die gebied binne sowat 50 minute kan bereik.
Die SA Burgerlugvaartowerheid het nog geen openbare kommentaar oor die voorgestelde aerotropolis gelewer nie.

