Local newsNews

Imile de Bruin dink en doen op ‘n drafstap

Maak nader kennis met die Etienne Rousseau Teater se nuwe bestuurder. Net in 'n nuwe rol, maar 'n bekende by die ERT.

SASOLBURG – Die Etienne Rousseau Teater (ERT) het ‘n nuwe operasionele direkteur. Imile de Bruin neem die leisels oor by Herman van Niekerk.

Nie dat hierdie jongman (hy word 33 in Junie) enigsins ‘n vreemde gesig by die teater is nie. Imile is al vir jare die beligtingsingenieur van die teater.

Hy is ook bestuurder by die CIVIC Group, ‘n posisie wat hy binne twee jaar by die maatskappy gekry het. Imile het jare se ervaring as dit kom by die organisering van groot geleenthede.

Hy was vir vyf jaar deel van die organisering van die Tekkiefees in Vereeniging en was die eerste een wat Spoegwolf na die Vaaldriehoek gebring het. Dit nogal te midde van die Covid19-pandemie se beperkings.

Hy noem homself ‘n knowledge freak. Maak nie saak wat hy doen of waar hy homself bevind nie, hy wil alles weet en leer.

Oor sy nuwe rol by die ERT is hy baie opgewonde. “Ek het baie hoop vir die ERT. My oogpunt vir die teater is om dit weer besig te kry. Ek wil ten minste een produksie per maand by die ERT hou,” vertel hy.

Imile, wat die pos alreeds van Januarie vervul, het reeds ‘n hele paar vertonings gereël vir die res van 2026.

Mense kan van nou tot Augustus uitsien na Afrikaanse sanger Ruan du Toit, Elandré, Carli Olivier en James Grace se Spaanse dansvertoning Café Flamenco, Steve Hofmeyr en die Staccatos.

Hy het lankal geleer dat ‘n leier net so sterk is soos wat die span agter hom is. Hy glo daaraan om voor te vat, met verantwoordelikheid te lei en self ook in te spring en die werk te doen.

Wat hy ook al doen, hy doen dit met baie entoesiasme en hope energie. Om stil te sit is nie deel van sy woordeskat nie. Imile is by uitstek ‘n ekstrovert.

Sy energie is aansteeklik en oral waar hy kom loop hy in mense vas wat hom ken. Synde dat hy sy eerste besigheid, IDB Production, al op 16 jaar oud begin en suksesvol bestuur het, is een ding verseker: die ERT is in goeie hande.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button