Local newsNews

Lion Jay en Alan Garrity se 2 Old Boys

2 Old Boys, die nuwe enkelsnit van twee van Suid-Afrika se Country sangers val goed op die oor. Klik op die skakel om daarna te luister.

VEREENIGING – Twee van Suid-Afrika se Country sterre, Alan Garrity en die Vaaldriehoek se eie Lion Jay het op 24 April ‘n besondere enkelsnit, 2 Old Boys vrygestel.

Garrity is reeds meer as ses dekades in die musiekbedryf met talle goue albums en internasionale toekennings agter sy naam.

Lion Jay, ook bekend as Leon Jacobs, het sedert 2021 voltyds op sy musiekloopbaan begin konsentreer.

Sy maandlikse luisteraars op Spotify is by die 28 000 en vier van sy liedjies het reeds die eenmiljoen-merk oorskry. Hy is ook al deur agt verskillende organisasies as sanger van die jaar aangewys.

‘n Interessante brokkie inligting is dat beide kunstenaars ‘n geskiedenis met dieselfde musiekblyspel het.

Garrity was in die 1970’s deel van die voormalige PACT-produksie Joseph and the Amazing Technicolor Dreamcoat, terwyl Lion Jay in 1987 in dieselfde musiekblyspel opgetree het.

Die twee “ou manne” het dus heelwat in gemeen en die lied, 2 Old boys vertel die verhaal van lewens wat geleef is, herinneringe en van dankbaar wees vir vol lewens.

Die lied is geskryf deur Garrity, verwerk deur albei Garrity and Lion Jay, en geproduseer deur Hennie Ungerer van UNG music.

Dis ‘n Country-ballade wat die hart raak. Die nuwe enkelsnit is vanaf Vrydag op al die aanlyn musiekkanale beskikbaar.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button