Dr. Letitia moes die hond red
Wanneer Letitia 'n hond op die hoofweg sien, dan kan jy maar weet, sy gaan nie rus voordat sy nie weet die hond is veilig nie.
SASOLBURG – Almal ken haar as die veearts met die sagte hart en vrolike lag. Letitia Swartz het altyd tyd vir diere, maak nie saak hoe groot of klein die diere is nie.

Geen wonder sy het die naweek spandeer op soek na ‘n hond langs die pad nie, maar laat sy self vertel:
“Ek het haar Vrydag gesien onder die brug langs die wildkamp op pad van Pretoria af. Gou die kinders afgelaai, halsband gekry en haar gaan soek. Sommer vir PG gebel en gese van haar, en dat dit lyk of sy siek is.
Hy het ook gaan soek en gesien hoe ry iemand haar rakelings raak, en toe laat spaander sy in Vanderbijlpark se rigting. Ek het weer gaan soek. (PG het gese dit is gevaarlik vir mense om op die hoofweg te gaan baljaar en ek het plegtig belowe ek sal nie, maar…).
Gister gesoek, niks.
Vandag, weer niks. Totdat ek die post sien dat sy naby Sasolburg is. En ek begin stap. En ek bid. Here, as sy hier is wys haar vir my. En toe staan sy daar, ten spyte van my klein geloof, dat die Here net soms vir ons moet wys: “EK HOOR JOU LETITIA”.
Ek bel dadelik vir PG, en se ek sien haar, en ja, ek is op die hoofweg….
So tussen modder, verkeer, knapse kerels en vullis kry ek haar gelok met beskuit.
The rest is history.
Dankie PG dat jy dadelik gekom het met die bakkie.
Sy is veilig, sy het seergekry maar ons het haar!!!!
Ons soek die eienaar of n goeie huis.”
Kontak vir Letitia Swartz, Sasolburg Veearts 016 976 0875.
