Vaalpark Primêr is trots op dié hokkiespelers
Vaalpark Primêre Skool se leerders speel weer kookwater hokkie die jaar, en vir die eerste keer is dit nie net die meisies wat hokkie speel nie.
VAALPARK – Zian Jacobs en Gerrie Naude het geskiedenis gemaak toe hul onlangs die eerste seuns in Vaalpark Primêr was wat vir die Noord Vrystaat o/13B hokkiespan gekies is.

Hierdie is die eerste jaar wat hokkie vir seuns in die skool aangebied word. Dit maak Zian en Gerrie se verkiesing tot die span nog meer spesiaal. Die skool het op hul Facebookblad gesê:
“Baie geluk aan Zian Jacobs en Gerrie Naude met hulle ongelooflike prestasie! The 1st boys to make it into the NFS hockey team, the same year Vaalpark starts boys hockey!”
Mila Horn en Chidanté van Deventer is gekies vir die Noord Vrystaat o/12A hokkiespan. Die skool het laat weet: “Ons is baie trots op julle en weet dat julle Vaalpark se naam sal hoog hou!”
