OPDATERING 2026/05/05 – 13:00
Xanté Harris het ook uitgeblink deur ’n goue medalje in die 800 m vir meisies o.15 te verower.

Darius Botha het goud in die seuns o.19 gewigstoot verower met ’n indrukwekkende afstand van 19.12 m. Hy het ook in die diskus deelgeneem en ’n sterk vertoning gelewer.

Dené Prinsloo was deel van die meisies o.14-aflosspan wat goud verower het, het ’n bronsmedalje in die o.15 200 m ingepalm, en het vyfde in die 100 m geëindig.

MEYERTON – Verskeie atlete van die Hoërskool Dr. Malan het tussen 29 April en 2 Mei aan die 2026 Suid-Afrikaanse Skole Atletiekkampioenskappe by Pilditch-stadion in Tshwane (Pretoria) deelgeneem, waar hulle sterk vertonings op nasionale vlak gelewer het.
In die seuns o.19 diskus het Johan Venter ’n silwermedalje met ’n afstand van 47.36 m verower. Hy het sy goeie vertoning verder uitgebrei met ’n vierde plek in die spiesgooi.
Mieke Welman het ook uitgeblink en ’n tweede plek in die meisies o.15 gewigstoot behaal met ’n beste poging van 13.85 m.
Dené Prinsloo het ’n bronsmedalje in die meisies o.15 200 m ingepalm, en het boonop vyfde in die 100 m geëindig.
Verskeie van die skool se atlete het ook vierde plekke behaal: Ruandré Viviers in die 800 m, Terra-lee Els in die hamergooi, en Darius Botha in die diskus.

