News

Inskrywings is gratis vir Bruid van die Jaar-kompetisie

Ons wil graag met die nuwe bruide in Vaalweekblad spog.

Bruide van die Vaal en omliggende dorpe (Vereeniging, Meyerton, Vanderbijlpark, Sasolburg, Deneysville, Parys, Frankfort en Vredefort) wat in 2026 getroud is, word genooi om aan Vaalweekblad se Bruid van die Jaar-kompetisie deel te neem.

Inskrywings is gratis en soos altyd is daar pryse op die spel.

Bruide kan hul mooiste troufoto (alleen of as troupaar) met die nodige inligting (julle name en van, van watter dorp julle is, en wanneer julle getroud is) aan Penelope by penny@mooivaal.co.za stuur.

Al die inskrywings sal in Vaalweekblad verskyn en sal ook deurlopend op ons webtuiste te sien wees.

Hier is van die nuutste inskrywings.

Alexa en Raynardt Engelbrecht van Meyerton is op 25 April getroud.
Bonita en Henry Madeleyn van Vaalpark is op 28 Februarie getroud.
Henrico Mong en Jessica Lombaard van Meyerton is op 14 Februarie getroud.
Jolynne en Christiaan du Preez van Vanderbijlpark is op 24 April getroud.
Sorika en Gys Verster van Vanderbijlpark is op 2 Mei getroud.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button