Local newsNews

DBV vra hulp met brandstof onkoste

Die huidige brandstofpryse kniehalter almal, vir diere in nood is dit 'n saak van lewe of dood.

VEREENIGING – Die Diere beskermingsverening (DBV/SPCA) gaan gebuk onder finansiële probleme, nie net om genoeg kos en komberse aan die diere in hul sorg te verskaf nie, maar ook om hul voertuie op die pad te hou.

Wanneer hul inspekteurs ʼn oproep ontvang van ʼn dier in nood, is vinnige reaksietyd van uiterste belang. Die dier se lewe kan in gevaar wees.

Hulle moet dadelik kan reageer, vir elke oproep, elke inspeksie. Dit beteken hul voertuie moet gereed staan om te kan ry.

Die SPCA se nuwe projek om geld in te samel vir brandstof vir hul voertuie. Foto: SPCA Vereeniging/Facebook

Ongelukkig bemoeilik die huidige hoë petrol en dieselpryse die SPCA se taak verder. Hulle doen derhalwe ʼn beroep op alle diereliefhebbers om hul te help met donasies vir brandstof.

Soos wat hul op hul Facebookblad dit stel: “Elke R50 bring ons nader aan die volgende reddingspoging. Elke R100 help ons om vinniger te reageer. Elke donasie hou die wiele aan die rol. As ons nie by die diere kan uitkom nie, kan ons hul nie red nie.”

Daar is twee maniere hoe mense hul donasies kan gee. Gaan na https://spca-ver.co.za/index.php/donate/ of doen ʼn elektroniese oorplasing.

Hul bankbesonderhede is:

Rekeningnaam:  Vereeniging SPCA

Rekening tipe: ABSA Savings Account

Rekeningnommer: 9258578888

Tak Vereeniging: Vereeniging

Takkode: 632005 Verwysing: Fuel en jou naam.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button