News

Meyerton-vrou tydens kaping ontvoer

Die slagoffer is later ongedeerd in Vosloorus aangetref nadat sy glo deur vyf gewapende verdagtes tydens ’n kaping ontvoer is.

MEYERTON – ’n 49-jarige vrou is glo tydens ’n gewapende kaping by ’n huis in Meyerton Park op Donderdag, 7 Mei ontvoer.

Die voorval het glo omstreeks 17:30 plaasgevind.

Volgens konstabel Nompumelelo Zazini, woordvoerder vir die polisie in Meyerton, het die slagoffer pas haar oom by ’n woning in Ysbeerweg afgelaai toe vyf gewapende verdagtes uit ’n wit Toyota Corolla-sedan geklim en haar gekonfronteer het.

Die verdagtes het haar op die passasiersitplek van haar Haval Jolion gedwing en van die toneel gevlug.

Sy is later ongedeerd saam met haar voertuig by Chris Hani Mall in Vosloorus aangetref.

Twee selfone en die voertuig se sleutels is gesteel.

Die polisie ondersoek sake van kaping en ontvoering. Geen arrestasies is nog gemaak nie.

Enigiemand met inligting rakende die voorval word versoek om Meyerton-polisie of Crime Stop by 08600 10111 te kontak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button