News

Pietie se mooi glimlag sal altyd onthou word

David Jacobus (Pietie) Pieterse sal onthou word vir sy diep geloof, humor, omgee vir ander en die mooiste glimlag.

VANDERBIJLPARK – David Jacobus (Pietie) Pieterse (89) was ‘n jarelange inwoner van die Vaaldriehoek en het diep spore getrap.

Hy het in 1962 die destydse TrustBank in Vereeniging geopen as takbestuurder. ‘n Paar jaar later was hy takbestuurder van die Sasolburg Trustbank-tak (nou ABSA).

Hy was vanaf 1976, saam met Koos Bekker die eienaar van die bekende Bekker en Pieterse Motors.

Na Bekker se afsterwe in 2004 het hy afgetree en saam met sy vrou Myrna die land platgereis. Hul gunsteling bestemming was die Kruger Nasionale Park.

Hy en Myrna het in 1960 getrou en was 65 jaar getroud. Hulle het die afgelope ses jaar by die Palms Aftreeoord in Vanderbijlpark gewoon.

Pietie se gesondheid het die laaste paar maande agter uitgegaan en is hy op 1 Mei in die Emfuleni Hospitaal na ‘n kort siekbed oorlede.

Hy word oorleef deur sy vrou Myrna, sy kinders Arends, Zurietta, Myrtle en Paul, asook vyf kleinkinders en agt agter kleinkinders.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button