News

Geliefde musikant Vernon Muso oorlede

VANDERBIJLPARK - Vernon Muso het gister (13 Mei) sy jarelange stryd teen kanker verloor.

Die nuus oor die gewilde sanger van die Vaaldriehoek het sedertdien soos ‘n veldbrand op sosiale media versprei. Boodskappe en huldeblyke het van oral ingestroom.

Vernon se gesondheidsprobleme het in 2022 begin toe hy ‘n maagseer ontwikkel het wat nie wou genees nie.

Dit het sy krag dreineer en ‘n groot impak op sy optredes gehad. Hy het ook baie gewig verloor.

Hy is later met kanker gediagnoseer, maar het die laaste jare steeds gereeld opgetree terwyl hy soms in erge pyn was.

Wyle Vernon Muso, plaaslike sanger wat op 13 Mei oorlede is.

Vernon, ‘n Kapenaar van geboorte, het in 2012 na Vanderbijlpark verhuis en vinnig begin naam maak in die Vaaldriehoek.

Vernon het reeds op 12-jarige ouderdom begin kitaarspeel en sing. Hy het later ook die klavier bemeester.

Sy musiekfondasie was oorspronklik Jazz, RnB en Soul-genres. In 2012 het die Country-musiek gogga hom gebyt.

Hy was gedurende sy sangloopbaan met verskeie gesogte nasionale Country-musiektoekennings vereer en het met sy optredes in die Vaaldriehoek diep in sy aanhangers se harte ingekruip.

“Die lewe toets tans my uithouvermoë, maar ek vertrou die Here in alles wat ek doen… in die helder én in die donker tye,” het Vernon tydens ‘n onderhoud met Vaalweekblad ‘n paar jaar gelede gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button