Local newsNews

Koorfees om orrel te red

Geniet koormusiek vanuit die boonste rakke, alles ten bate van 'n goeie doel. Vir meer inligting lees hier...

VANDERBIJLPARK –  Ses kore oefen al maande vir die groot geleentheid. Vrydag, 15 Mei is die groot dag. NG Kerk Kollegepark se Koorfees.

Ses kore gaan optree, dit sluit skoolkore en kerkkore in, onder andere Kollegepark gemeente se eie Sonus koor. Die musiek is uiteenlopend van aard en behoort in almal se smaak te val.

Die vrolike Sonus koor. Regs is die Vaaldriehoek se befaamde koormeester en orrelis, Franz Geldenhuys en langs hom staan solis Rika Dippenaar. Foto: verskaf/Rika Dippenaar

Alle fondse gaan vir die orrelfonds. Die verrigtinge begin om 18:00 by die kerk. Die adres is Esias Groblerstraat 2 in Vanderbijlpark. Daar sal ook verversings te koop wees.

Kaartjies beloop R 100 pp (kinders onder 5 jaar is gratis) en ouers van kinders in die kore se koste is slegs R50 pp. Kaartjies kan by die Kerkkantoor (073 051 9484) aangekoop word.

Daar is nog kaartjies beskikbaar. Skakel vandag nog om joune te kry. Foto: NGK Kollegepark/Facebook
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button