VEREENIGING – Mike Kelly, ’n bekende en geliefde figuur in die Vaaldriehoek, is op 9 Mei in die ouderdom van 81 jaar oorlede nadat sy gesondheid die afgelope tyd verswak het.
Volgens ’n plasing op sosiale media deur ‘n vriend, dr. Gary Immelman, is Kelly verlede week uit die hospitaal ontslaan, maar sy toestand het Saterdag skielik versleg toe hy ’n noodlottige hartaanval gehad het.
Kelly was vir baie jare ’n toegewyde apteker en het ook op verskeie sosiale- en gemeenskapsrade in die Vaal gedien. Hy word onthou vir sy vriendelikheid, wysheid en diens aan die gemeenskap.
Hy laat sy dogter, Natasha, en seun, Darren, agter. Medelye het van oraloor in die Vaal ingestroom.

