News

Plaaslike skopboksklub lewer 19 SA-kampioene op

Meyerton Fighting Systems het met hope medaljes én ’n indrukwekkende lys SA-kampioene van Oudtshoorn teruggekeer.

Vegters van Meyerton Fighting Systems het ’n uitstaande vertoning gelewer by die SA-skopbokskampioenskappe wat van 24 tot 28 April in Oudtshoorn gehou is, en het as nasionale naaswenners geëindig.

Volgens Sensei David Kies het die klub 25 vegters na die toernooi gestuur, met sommige atlete wat in meer as een afdeling deelgeneem het.

Die span het met ’n totaal van 42 medaljes teruggekeer, insluitend 29 goud, vyf silwer en agt brons.

Negentien vegters is as SA kampioene gekroon, wat ’n sterk algehele vertoning vir die klub bevestig.

In die tatami-afdelings het Meyerton Fighting Systems 20 goud, vier silwer en agt brons medaljes verower, terwyl die klub nog nege goud en een silwer in die kryt bygevoeg het.

Die resultate bevestig weereens Meyerton Fighting Systems se plek onder die land se top skopboks-spanne.

Winuska van Straaten is boonop onlangs as Suid-Afrikaanse gemengde gevegkuns (MMA) kampioen gekroon by die Mighty Warriors nasionale toernooi, wat van 30 April tot 3 Mei in Vanderbijlpark gehou is.

Winuska van Straaten, saam met Sensei David Kies, nadat sy as SA MMA-kampioen by die Mighty Warriors nasionale toernooi in Vanderbijlpark gekroon is. Foto: Verskaf

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button