News

Vragmotor langs R59 gekaap

Die verdagtes het die bestuurder glo laat stilhou deur aan te dui dat daar fout is met sy vragmotor. Oomblikke later is hy oorval en ontvoer.

MEYERTON. – ’n Vragmotor is op 8 Mei langs die R59 naby die Henley-rylaan-afrit gekaap.

Volgens  konst. Nompumelelo Zazini, ‘n woordvoerder vir die polisie in Meyerton, het die bestuurder stilgehou nadat insittendes van ander voertuie vir hom aangedui het dat daar glo iets fout met sy vragmotor is.

Nadat hy gestop het is hy deur ’n gewapende man in ’n wit sedan ingedwing en later in Primrose afgelaai.

Die sleepwa is gesteel, maar die vragmotor self is later deur ’n opsporingsmaatskappy teruggevind.

Geen beserings is aangemeld nie.

Die polisie ondersoek die saak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button