News

Dumpling op stortingsterrein gevind en gered

Dumpling se verhaal herinner daaraan dat ’n eenvoudige daad van goedhartigheid ’n lewe vir altyd kan verander.

VAALPARK – ’n Eenvoudige daad van medelye het die lewe van ’n jong Jack Russell-kruising onherkenbaar verander nadat sy onlangs in ’n haglike toestand by ’n plaaslike stortingsterrein gered is.

Die hondjie, wat intussen die troetelnaam Dumpling gekry het, is by die stortingsterrein gevind waar sy aan ’n boom vasgemaak was.

’n Onbekende man het probeer aanspraak maak op die hond, maar dit was vir omstanders duidelik dat sy dringend mediese sorg en liefde nodig gehad het.

Die lot van die weerlose hondjie het die hart van ’n goedhartige vrou aangegryp.

Sy het dadelik ingegryp en met die man begin onderhandel, waarna hy die hondjie gelukkig sonder enige verdere teëstribbeling aan haar oorhandig het.

Dumpling is dadelik in die sorg van Vaalpets geplaas waar sy nou veilig is en vertroetel word.

Ten spyte van haar traumatiese begin, het hierdie pragtige, lewenslustige hondjie reeds almal by die skuiling se harte gesteel.

Die personeel beskryf haar as ’n bondeltjie vreugde met ’n besonderse sagte geaardheid.

Van ’n verwaarloosde, eensame hondjie aan ’n boom, is Dumpling se storie die bewys dat daar steeds mense met groot harte in die Vaaldriehoek is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button