AVT-landloopseisoen trek hierdie naweek in VUT weg
Landloopatlete gaan dié winter weer stof opskop tydens AVT se winterlandloopliga.
OPDATERING:
Die eerste ligbyeenkoms vind op Saterdag 23 Mei by die Isak Steyl-stadion plaas.
Die berig is opgedateer om die nuutste reëlings deur te gee.
VANDERBIJLPARK – Atletiek Vaaldriehoek (AVT) se 2026-landloopseisoen skop hierdie week af met die eerste ligabyeenkoms op 23 Mei by die Isak Steyl-stadion af.
Die byeenkoms word deur die atletiekklubs van VUT eb Dimathi aangebied en vorm die begin van ’n seisoen wat uit vyf ligawedlope bestaan.
Die res van die reeks sal oor verskeie plekke in die streek plaasvind, insluitend Heidelberg, Rietspruit en Vanderbijlpark.
Die seisoen bereik sy hoogtepunt op 8 Augustus met die AVT-kampioenskappe by Kollegepark in Vanderbijlpark, waarna die fokus verskuif na die nasionale ASA-landloopkampioenskappe op 5 September in Pretoria, met die finale venue wat nog bevestig moet word.
Atlete wat wil deelneem moet oor ’n geldige 2026 Atletiek Suid-Afrika (ASA) lisensie beskik en by ’n AVT-geaffilieerde klub geregistreer wees.
Atlete wat nie aan ’n klub behoort nie, sal ’n tydelike lisensie moet bekom om deel te neem.
