Local newsNews

Eligwa het behoorlik fees gevier

Dit was 'n warboel van kinders op die veld en ouers wat onder sambrele gekuier het. 'n Kleurvolle skouspel van pret en plesier.

VANDERBIJLPARK – Vrydag was Laerskool Eligwa se skoolgronde van vroeg af in rep en roer. Buite het die motors bankvas gestaan en binne het onderwysers en ouers hul hande vol gehad met kinders wat oral tegelyk wou wees.

Om op emmertjies te loop is nie so maklik nie. Foto: Gerda Bruinette

Die velde is omskep in ‘n kinderparadys vir hierdie jaar se groot Karnaval. Daar was perde om op te ry, boeresport om aan deel te neem, stalletjies met speletjies en baie kos. Die grootste aantrekkingskrag was egter die veld vol springkastele.

Die een kon uitgeklim word, pure rotsklim styl en dan was daar ‘n groot glybaan om mee af te kom. Die meeste het opgeskarrel en met groot bravade afgegly, maar een dogtertjie het besluit om boude eerste op te klim en het so ewe gaan lê om af te gly. Sy is luidkeels aangemoedig van die grond af.

As mens nie kans sien vir opklim nie, dan doen jy dit agteruit. Foto: Gerda Bruinette

Dan was daar die spingkastele waar daar water by betrokke was… Gelukkig was die oggend redelik warm, want waar daar water is, sal jy kinders kry. Hulle het hulself gate uitgeniet, van die een waarop jy met ‘n tyre-tube kon afgly, tot by die een waar jy in die water beland het.

Sakspring met ‘n sak amper groter as jy is moeilik. Foto: Gerda Bruinette

Die een seuntjie het wel na die tyd verklaar: “Die water is baie koud.” Onder die afdakke het die vleisbraaivure gebrand en daar is ywerig sosaties, wors en hamburgerpatties gebraai. Die donut-stalletjie het ook groot aftrek gekry.

Die manne was maar bietjie benoud toe die perde runnik, maar hulle het steeds die stappie geniet. Foto: Gerda Bruinette

Karnaval 2026 was ‘n reuse sukses.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button