Local newsNews

HS Driehoek se top redenaars

Nie almal het die moed en selfvertroue om voor mense te staan en 'n toespraak te lewer nie, maar die Hoekies het gewys hul kan redeneer.

VANDERBIJLPARK – Hoërskool Driehoek is trots op ses van hul leerders wat deurgedring het na die semifinaal van die ATKV Redenaarskompetisie.

Jowan Kemp (Gr. 9) gaan aan die voorbereide en onvoorbereide kategorieë deelneem. Henro de Lange (Gr. 8) en Nickus Maritz (Gr. 12) is ook deur na die voorbereide toespraak afdeling.

Inamari van Dyk (Gr. 8), Maarten van Helden (Gr. 9) en Brian van Vuuren (Gr. 10) het die uitdagende taak om hul staal te wys met onvoorbereide toesprake. :

Die Gauteng-Oos semifinaal vind 23 Mei plaas by Hoërskool Hans Moore in Benoni. Die finaal vir hoërskool leerders word 5 Augustus by Klein Kariba gehou.

Hoërskool Driehoek het die Hoekies wat deurgedring het op hul Facebookblad geluk gewens en gesê: “Ons is HOEKIE-trots op julle harde werk, selfvertroue en puik prestasies. Sterkte met die volgende rondte — ons hou duimvas!”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button