Merlise Kock, ’n voormalige Valia-leerling wat in 2020 matrikuleer het, het in haar skooljare gereeld op die blaaie van die Vaalweekblad gepronk met haar hokkieprestasies as doelwagter.
Sy is steeds een van die voorste doelwagters in die land wat onlangs die span van Suid-Gauteng verteenwoordig het.
Die span het die goue medalje verower tydens die Senior IPT’s wat by UJ en Hoërskool Linden plaasgevind het van 5 tot 9 Mei.
Vaalweekblad is saam met Hoërskool Transvalia trots op Merlise se prestasie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
