News

Vrou en kind ongedeerd nadat voertuig aan die brand slaan

Oorsaak van brand en omvang van skade is nog onbekend.

MEYERTON – ‘n Ma en dogter is die Saterdagaand in Pierneef Boulevard gered nadat hulle voertuig aan die brand geslaan het.

Nkululeko Freedom Mdletshe die bestuurder van die voertuig se man, het Midvaal se brandweerdienste en Alfa Trio op Facebook bedank vir hulle flink optrede.

“Ek is dankbaar vir Midvaal Brandweer en Alfa Trio vir hulle vinnige optrede en redding van my vrou en kind.”

Die oorsaak van die brand wat in die enjinkompartement uitgebreek het, is nog onbekend.

Die Midvaal Brandweer was flink en vinnig op die toneel. Foto’s: Facebook
Die oorskot van die voertuig wat uitgebrand het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button