Local newsNews

Dit was ‘n fees van musiek en sang

NGK Kollegepark se koorfees was 'n reuse sukses en almal was bly om weer vir Franz Geldenhuys agter die klavier te sien.

VANDERBIJLPARK – Vrydagaand het kore van Vaalpark tot Vereeniging saamgetrek vir die NGK Kollegepark se koorfees. Die fees is aangebied om die orrelfonds te versterk en dit het alle verwagtinge oortref.

Een van die organiseerders, Rika Dippenaar sê daar was 910 mense en hulle het 600 kaartjies verkoop. “Ek dink dit was die meeste mense nog ooit op ons kerkgronde! Die gemeenskap is goed vir ons.”

Laerskool D.F Malherbe se koor in aksie. Foto: Rika Dippenaar

Die kore wat opgetree het was van Laerskool Vryheidsmonument, Suikerbos Primary School, Articon Sanggroep van Hoërskool Vaalpark, Curro Vanderbijlpark, Hoërskool Overvaal, Laerskool D.F Malherbe, Laerskool Kollegepark en die Sonus koor van NGK Kollegepark.

Rika het ook as solis opgetree en Franz Geldenhuys het die klavierbegeleiding gedoen. Die aand is afgesluit met ʼn massakoor wat Ek wandel in die lig van God gesing het. “Dit was verskriklik mooi en al die mense in die gehoor het ook saamgesing,” vertel Rika.

Laerskool Kollegepark se koor bekoor die gehoor. Foto: Rika Dippenaar

Hoërskool Overvaal het op hul Facebookblad gesê:

“Ons Valie Koor het Vrydag hul eerste optrede vir die jaar gehad tydens die NGK Kollegepark Koorfees. Onder moeilike omstandighede, met mnr. Franz Geldenhuys se siekte, het die koor steeds met trots opgetree en baie mooi gesing.

Baie dankie aan Franz Geldenhuys wat, ten spyte van sy siekte en die moeilike tyd waardeur hy gaan, steeds met passie, toewyding en liefde vir die koor moeite doen. Dit spreek van ware karakter en inspirasie.

Ons is ongelooflik trots op ons koor en dankbaar vir elke leerder en personeellid wat aanhou om die Valie-gees uit te leef.”

Laerskool Vryheidsmonument in aksie by die koorfees. Foto: Rika Dippenaar

Laerskool Vryheidsmonument in Vereeniging het hul koor se bydra tot die koorfees geprys en op hul Facebookblad gesê: “Ons Monnie-koor het ‘n pragtige optrede gelewer by die Koorfees (NG Kerk, Kollegepark) op Vrydag, 15 Mei 2026.  Ons is baie trots op julle!”

NGK Kollegepark het almal bedank vir hul teenwoordigheid en spesiaal melding gemaak van hul borge: CMM prokureurs, Century 21 properties, Economic slaghuis, Willie’s Bakkery en IRT Training.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button