Local newsNews

Geskeurde hakskeensening laat Clinton in pyn

Clinton Samons is 'n gesinsman met 'n sagte hart. Sy passie is om ander te help om gesond en fiks te bly. Nou benodig hy hulp.

VANDERBIJLPARK – Hy is bekend in die Vaaldriehoek as persoonlike afrigter, liggaamsbouer en finalis in die jaar se The Next Opulent Model South Africa kompetisie. Clinton Samons doen alles met oorgawe en op ‘n drafstap.

Verlede Maandag is sy drafstap egter gekortwiek. Hy het sy hakskeensening (Achilles tendon) tydens ʼn Action Netball wedstryd geskeur. Die groot finaal van die Next Opulent Model South Africa vind plaas op 20 Augustus.

Clinton moet voor dan 100% reg wees. Hy kan ook nie sy persoonlike afrigtingswerk voluit doen met ʼn geskeurde hakskeensening nie.

Clinton het sy linker hakskeensening geskeur toe hy Action Netball gespeel het. Foto verskaf/Charnay Samons

Alhoewel hy nie ʼn mediese fonds het nie, het vriende ingespring en gehelp. Clinton moet dringend ʼn operasie ondergaan om die sening te heg. Die operasie sal by die Mooi-Med Hospitaal in Potchefstroom gedoen word.

Daarvoor benodig hy R30 000. Sy vrou, Charnay, het ʼn back-a-buddy-rekening begin om te help om vir die operasie te betaal. Hy sal ook heelwat uitgawes na die operasie hê met betrekking tot nasorg en rehabilitasie van sy enkel, wat onder andere fisioterapie insluit.

Die Samons-gesin is afhanklik van Clinton se inkomste as persoonlike afrigter. Dit is dus van uiterste belang dat hy so gou moontlik weer sy werk kan doen.

Ten spyte van die pyn en ongemak waarin hy tans verkeer, sê Clinton hierdie is nie ʼn setback nie, maar ʼn comeback.

“Alles is net genade. Ek is dankbaar vir almal wat my ondersteun. Al die boodskappe en gebede. Dis die klein dingetjies wat tel. Ek hou nie daarvan om geld te vra nie, maar ek het geen ander keuse nie.

“Ek moet die operasie ondergaan om vir my gesin te kan sorg. Ek weet alles is in die Here se hande en dat ek volkome sal herstel,” sê ʼn vasberade Clinton.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button