News
KYK: Transformator brand in Duncanville
Dik rook is van ver af sigbaar terwyl nooddienste na die toneel ontbied is.
VEREENIGING – ’n Transformator in Duncanville is aan die brand.
Volgens ‘n video wat die rondte op sosiale media doen borrel dik rook tans uit die transformator en is van ver af sigbaar.
Nooddienste en die elektrisiteitsverskaffer is reeds op pad na die toneel om die situasie te beheer en verdere skade te voorkom.
Die omvang van die skade, sowel as die oorsaak van die brand, is nog nie bekend nie.
Meer besonderhede sal volg sodra dit bevestig word.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
