News

Man in kritieke toestand ná steekaanval in Vereeniging se sakekern

Nooddienste is in die vroeë oggendure van Saterdag na Vereeniging se sakekern ontbied ná ’n gewelddadige voorval waarin ’n man ernstig beseer is.

VEREENIGING – ’n Man is in die vroeë oggendure van Saterdag in Vereeniging se sakekern gesteek.

Volgens CERT SA is nooddienspersoneel na die toneel ontbied. Met hul aankoms is die man in ’n kritieke toestand aangetref nadat hy na bewering tydens ’n rooftog ongeveer 11 keer gesteek is.

Die pasiënt is op die toneel gestabiliseer voordat hy dringend na ’n plaaslike hospitaal vir verdere behandeling vervoer is.

Sekuriteit Sonder Grense en Gauteng se provinsiale nooddienste het op die toneel gehelp en ondersteuning aan paramedici gebied.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button