News

Water spuit meters die lug in

Verskeie motoriste het deur slaggate in Westinghouse Boulevard gery soos wat hulle hul aan die spuitende water verkyk het.

VANDERBIJLPARK – Dit het vanmiddag soos ’n toeriste-aantreklikheid gelyk toe nuuskieriges nader gestroom het om water te aanskou wat meters hoog in Westinghouse Boulevard die lug in spuit.

Duisende liters water gaan tans verlore nadat ’n kontrakteur glo ’n hoofwaterpyp getref het.

Die water het reeds omstreeks 12:00 die lug in geskiet.

Hoewel munisipale werkers van die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit (ELM) kort daarna op die toneel was, het die water steeds onverpoosd gespuit.

Teen die tyd dat Vaalweekblad die toneel omstreeks 14:30 verlaat het, kon die korrekte pyplyn of afsluitklep om die vloei te stop, steeds nie bepaal word nie.

Die water wat hoog die lug in spuit kan op ‘n afstand in Westinghouse Boulevard gesien word.
Foto’s: Elsje Vermeulen
Verskeie verbygangers het gestop om foto’s te neem.
Water spuit die lug in terwyl daar gesoek word na die korrekte pyplyn om die water af te sny.

ê

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button