News
Ernstige ongeluk op Potch/Vanderbijl-pad
Gauteng Vaal Traffic & Emergency Info Platform 1 het die waarskuwing vanoggend uitgestuur.
Motoriste moet kennis neem dat daar ‘n ernstige botsing met sterfgevalle op die R500 (Potchefstroom/Vanderbijlpark-pad) was vanoggend.
Daar kan nog nie bevestig word wat tot die ongeluk gelei het, of hoeveel sterfgevalle daar is nie.
Weens die erns van die ongeluk word groot vertragings op die pad verwag.
Motoriste word dus aangeraai om die pad en gebied te vermy indien moontlik.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
