News

VdbP Fotoklub spog met maandwenners

Die Vanderbijlparkse Fotografiese Vereniging het onlangs sy Mei-klubaand gehou en beoordelaars moes weer kopkrap.

In die aanlyn-afdeling, waar foto’s bloot aanlyn ingeskryf en beoordeel word, was dit senior fotograaf Mietsie Visser se Calling my Sisters wat as wenfoto aangewys is.

In die ope-afdeling, waar enige foto ingeskryf kan word, was dit Chanel Enslin in die senior-afdeling (4, 5-ster en hoër graderings) wat met Waterway die wenner was. Die foto was ook die algehele wenfoto van die aand.

Mietsie Visser se “Calling my sisters”.
Chanel Enlin se “Waterway”, die wenfoto van die aand.

In die junior-afdeling (1 tot 3-ster) was Marisca Botha se Lyk ek soos ‘n taxi? die wenfoto, asook die algehele junior-wenfoto van die aand.

In die monochroom-afdeling was Johan Joubert die wenner met Moederliefde.

Marisca Botha se “Lyk ek soos ‘n taxi”.
Johan Joubert se “Moederliefde”.

In die tema-afdeling (troeteldiere) was Eanette Maas die wenner met Op ‘n galop.

In die selfoon-afdeling was Chanel Enslin se Storm Approaching die wenfoto in die senior-afdeling, en Beatrice Jordaan se Whispers of Dawn die wenner in die junior-afdeling.

Eanette Maas se “Op ‘n gallop”.
Chanel Enlin se “Storm Approaching”.

Al die wenfoto’s kan op die klub se webtuiste www.vdbp-photo.org besigtig word. Interessante artikels word ook gereeld op hierdie webtuiste gelaai.

Besoek ook ons Facebook-blad by https://www.facebook.com/VdbpPhotoClub waar daar wenke en foto’s opgelaai word.

Vir meer besonderhede oor die klub kan Johan Brits by 082 718 8394 of tsawa@yebo.co.za gekontak word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button