News

124ste Herdenking van die Vrede van Vereeniging by Blokhuis

Die plaaslike gemeenskap en verskeie belanghebbendes het die verrigtinge bygewoon om hierdie historiese geleentheid te gedenk, wat die einde van die Anglo-Boereoorlog in Suid-Afrika aandui.

MIDVAAL – Die Speaker van die raad, rdl. Alan McLoughlin, het saam met die lid van die burgemeesterskomitee (LBK) vir gemeenskapsdienste, rdl. Mary-Anne Myburgh, die herdenking van die 124ste herdenking van die Vrede van Vereeniging-verdrag op 31 Mei by die Witkop-blokhuis bygewoon.

Kranse is gelê ter ere van al die lewens wat tydens die konflik verlore is.

Die seremonie het ook uitgewys oor hoe belangrik dit is om historiese landmerke soos die Witkop-blokhuis (een van die min oorblywende blokhuise in die land) te bewaar.

Sodoende kan daar verseker word dat toekomstige generasies SA se geskiedenis kan onthou en daaruit leer.

Die Witkop-blokhuis. Foto’s: Verskaf
Dit was die 124ste herdenking van die Vrede van Vereeniging-verdrag.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button