News
D.F Trio verower goud
100 Atlete van regoor SA het onlangs aan die SA Kurash Kampioenskappe deelgeneem. Drie van die atlete was van LS D.F Malherbe
VANDERBIJLPARK – Laerskool D.F Malherbe is super trots op drie van hul leerders. Ruben Zietsman, Johan Pretorius en Nina Pretorius het onlangs aan die SA Kurash Kampioenskappe in Johannesburg deelgeneem.
Al drie het goud verower in hul onderskeie gewigsafdelings. Die skool het op hul Facebookblad gesê: “Baie geluk julle 3…. DF spog graag met julle.”
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
