News

Lumie krieketmanne se goeie prestasies

Lumies sê: "Baie geluk aan twee van ons eie krieketmanne met hul uitstaande prestasies!"

VAALPARK – Twee van Primêre Skool Lumiére se personeellede is tot die laerskool Vrystaat krieketspanne gekies.

Skoolhoof Lihan Kriel is as keurder van die o11 Vrystaatspan gekies. Wikus Botha is die nuwe hoofafrigter en keurder van die o12A Vrystaatspan.

Die skool het op hul Facebookblad gesê: “Hierdie prestasies is ‘n bewys van julle passie vir krieket. Julle verteenwoordig nie net die Vrystaat met trots nie, maar is ook uitstekende rolmodelle vir ons jong spelers.

“Dankie vir alles wat julle vir Lumies en ons sportprogram beteken. Ons is ongelooflik trots om julle deel van die Lumie-familie te hê!”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button