Local newsNews

VLU bederf inwoners van versorgingseenheid

Die dames van VLU Alpha-tak het 'n heerlike oggend saam met die inwoners van Arendsnes gehad.

SASOLBURG – Die VLU Alpha Tak het verlede Dinsdag die versorgingseenheid by Arendsnes Oord vir bejaardes besoek.

Elke inwoner het ʼn geskenkpakkie met toiletware en iets lekkers om te eet ontvang. Volgens Rina de Klerk was die inwoners verras en bly om die dames te sien.

Die inwoners van Arendsnes Oord se versorgingseenheid ontvang geskenkpakkies. Foto: verskaf/Rina de Klerk

Nadat die geskenkpakkies uitgedeel is, het almal warm sop en vetkoekies geëet.

Die oggend is deur Rachel van den Berg gereël en almal, die VLU dames inkluis, het die oggend geniet.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button