EMFULENI – Raadslede van die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit het Woensdag ’n nuwe burgemeester verkies.
Hassan Mako is as die nuwe uitvoerende burgemeester van die munisipaliteit aangewys en tree met onmiddellike effek in die amp.
Die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit het in ’n verklaring gesê dat Mako politieke leiding sal neem, voorsitter van die burgemeesterskomitee sal wees en toesig sal hou oor die implementering van die Raad se Geïntegreerde Ontwikkelingsplan (GOP) en sleutel diensleweringsprogramme.
Volgens die munisipaliteit bly die fokus op verbeterde dienslewering, verantwoordbare bestuur en deursigtige besluitneming.
Die verkiesing volg nadat die vorige burgemeester Sipho Radebe bedank het.
Die munisipaliteit het Mako gelukgewens met sy verkiesing en hom sterkte toegewens in sy nuwe rol.
