News

Polisie en weermag berei voor vir betogings

Die polisie en weermag maak gereed vir moontlike landwye betogings oor onwettige immigrasie.

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens het bevestig dat hy saam met die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag sal optree om openbare orde te handhaaf te midde van verwagte landwye betogings oor onwettige immigrasie.

Dit volg nadat verskeie burgerlike groepe ’n spertyd aangekondig het waarvolgens ongedokumenteerde buitelanders die land teen 30 Junie moet verlaat.

Die polisie sê dat alle nodige veiligheidsmaatreëls ingestel word om moontlike geweld en ontwrigting te voorkom.

Daar is ook bevestig dat ’n beduidende begroting vir die operasionele plan beskikbaar gestel is om die betogings te bestuur.

Verskeie organisasies, insluitend die March and March-beweging, beplan om volgende week deel te neem aan optogte landwyd.

Volgens owerhede is KwaZulu-Natal en Gauteng as moontlike brandpunte geïdentifiseer.

 Intussen het politieke rolspelers wat by die beplande optrede betrokke is, ’n beroep op ondersteuners gedoen om dissipline te handhaaf en te verseker dat die betogings vreedsaam verloop.

Owerhede sê verdere opdaterings sal volg soos die situasie ontwikkel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button