News

Slegs 29 sekondes beslis wenner in INGCO Parys 400

Motorsport-liefhebbers het die afgelope naweek van heinde en verre op Parys toegesak om die beste renjaers ter wêreld in aksie te sien.

PARYS – Die openingsronde van die 2026 Suid-Afrikaanse Rally-Raid kampioenskap (SARRC), die INGCO Parys 400 is op 19 en 20 Junie hier aangebied.

Dit was die agste keer dat dié wedren in die Parys-omgewing aangebied word.

Die 2026 INGCO Parys 400 het in een van die naasbestes in die geskiedenis van dié byeenkoms geëindig.

Die topklas-wenners van die onderskeie afdelings is:

* Algehele wenners & Ultimate FIA T1+-klas: Die verdedigende kampioen Saood Variawa en navigator Charan Moore van Toyota Gazoo Racing SA (TGRSA) agter die stuur van die Toyota GR Hilux IMT EVO het ’n algehele tyd van 05:56:31 aangeteken en die Ford-paar, Gareth Woolridge en Boyd Dreyer, met ’n skamele 29 sekondes uitgestof. TGRSA het ook die gesogte Vervaardigers-toekenning vir die ronde opgeraap.


* Ultimate SA T1+-klas: Lood du Preez en Adriaan Roets aan die stuur van die Farmer’s Meat Century Racing CR6. Hulle het op die laaste dag ’n ongelooflike inhaalstryd gevoer en 10 plekke opgeskuif om die klasoorwinning net 118 sekondes voor die jaagpak te beklink.


* T1 Adventure-klas: Peet Victor en Van Zyl Jonck wat die Red-Lined Motorsport VK50 beman het. Hulle het ’n skitterende terugvegoorwinning gevier nadat hulle ’n duur wielruiling tydens Vrydag se kwalifiserende skof moes oorkom.


* Challenger-klas: Die veteraan-paar Geoff Minnitt en Rodney Burke agter die stuur van hul Hydro Power Equipment Maverick R.

Die hoë-intensiteit tydrenaksie was weer eens oor twee provinsies gehou, hoewel die grootste deel van die roete naby Parys in die Vrystaat was.


Die 200 km-roete het jaers deur ’n mengsel van modderige dele, oop grasvelde en tipiese Vrystaatse mielieland-terrein geneem, wat goeie kykgenot aan toeskouers gebied het.


Daar was natuurlik ook vele plaaslike fotograwe wat nie die kans deur hul vingers laat glip het om mooi aksiefoto’s te neem nie.


Hier is van die foto’s wat aan Vaalweekblad verskaf is.

Die verdedigende SA Rally-Raid-kampioen, Saood Variawa en sy navigator, Charan Moore, het die eerste oorwinning van die 2026-seisoen in hul Toyota Gazoo Racing Hilux IMT EVO behaal. Foto: Zana Saayman van Parys
Tokkie Ferreira op spoed. Foto: Franz van Kradenburg van Vanderbijlpark.
Die jaers ry dat die stof so staan. Foto: Zana Saayman van Parys.
Nog ‘n pragtige aksiefoto deur Hennie Nell van Vanderbijlpark.
Hilux-aksie tydens die INGCO Parys 400. Foto: Markus Saayman van Parys.
Stof en modder was aan die orde van die dag. Foto: Zana Saayman van Parys.
Oral was fotograwe op hul poste. Foto: Franz van Kradenburg van Vanderbijlpark.
Die wenners Saood Variawa en sy navigator, Charan Moore, in aksie. Foto: Markus Saayman van Parys.
Michelle Storm van Vredefort was ook daar om aksiefoto’s te neem.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button