Local newsNews
Veels geluk en sterkte Nicole
Nicole skitter al van haar laerskooldae op die netbalbaan. Haar harde werk word beloon met 'n leiersposisie in die o16 Gamma Gauteng span
VANDERBIJLPARK – Nicole van Wyngaardt van die Hoërskool Transvalia is aangewys as die onderkaptein van die o16 Gamma Gauteng-netbalspan.
Transvalia het op hul Facebookblad gesê: ” Dit is ‘n besondere eer en prestasie. Ons is ongelooflik trots op jou en die verantwoordelikheid wat aan jou toevertrou is. Mag jy hierdie geleentheid ten volle geniet en die span met trots lei.”
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
