Knights troef Heidelberg
Die Meyerton Knights het afgelope Saterdag 'n besoekende span van Heidelberg in ’n taai tuisstryd gesklop.
Die Meyerton Knights Rugbyklub se eerste span het Saterdag ‘n tuisoorwinning in die Valke Rugby Merlin-liga behaal toe hulle Heidelberg Rugbyklub met 27-21 geklop het.
Die besoekers het vroeg die voortou geneem, maar die Knights het vinnig teruggeveg en beheer geneem deur sterk aanvalspel en soliede samewerking tussen voor- en agterspelers.
Die tuisspan het ‘n voorsprong opgebou wat hulle later in die wedstryd in ’n stewige posisie geplaas het.

Heidelberg het egter laat teruggeveg met twee drieë, maar die Knights het vasgebyt om die oorwinning te beklink.
Die tweedespan het ook gewen en Heidelberg met 14-12 geklop ná ’n sterk eerste helfte waarin hulle 14-0 voorgeloop het voordat die besoekers teruggeveg het.

Hulle kon egter nie die bordjies verhang nie.
Die Knights pak hierdie naweek Delmas Phoenix tuis.


