Motorfiets- en trapfiets-ryer in ongeluk
Verskillende rolspelers het saamgewerk om die ongelukstoneel te beveilig en verdere beserings te voorkom.
VEREENIGING – Verskeie rolspelers het blitsig reageer nadat ’n lid van die Arcon Park Residents Association (APRA) om hulp op die Every Heartbeat Counts-groep gevra het ná ’n botsing tussen ’n motorfiets- en ’n trapfietsryer.
Die ongeluk het gisteraand op die ou Johannesburgweg, net verby die Magic Garden Centre, plaasgevind.
GPG-nooddienste was eerste op die toneel, kort daarna gevolg deur Sekuriteit Sonder Grense en CB EMS.
Al die partye het nou saamgewerk om die pasiënte so vinnig moontlik te stabiliseer vir vervoer na die hospitaal.
Die toneel is deurlopend beveilig om verdere ongelukke of beserings te voorkom.
Omstanders op die toneel was vol lof vir die vinnige en doeltreffende optrede deur APRA, CB EMS, Sekuriteit Sonder Grense en GPG.

