News

Fezile Dabi-dwelmspan maak arrestasie in Viljoenskroon

Verdagte werskyn op aanklag van dwelmbesit.

VILJOENSKROON – ’n 40-jarige verdagte is deur lede van die Fezile Dabi-distrik se Trio-Dwelmspan in hegtenis geneem vir die besit van dwelms.

Volgens die Fezile Dabi-distrik se polisiewoordvoerder, sersant Josephine Rani, het die polisie Vrydag op inligting gereageer oor ’n verdagte wat na bewering by dwelmverwante aktiwiteite in die Marikana-gedeelte van Viljoenskroon betrokke was.

“Die operasionele span het na die geïdentifiseerde toneel gegaan en die verdagte deursoek. polisie  ’n Mandrax-tablet en sewe klein ritssluitersakkies met kristalmetamfetamien gevind,” het sy gesê.

“Die verdagte het in die Viljoenskroon-landdroshof op aanklag van dwelmbesit verskyn,” het sy afgesluit.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button