Honde en hul eienaars welkom op 18 Julie
In die winter trek baie mense swaar. Vele liefdadigheidsorganisasies help waar hul kan, maar by 50 Shades of Spay kyk hul na die honde.
MEYERTON – 50 Shades of Spay is op ʼn missie om 67 sakke hondekos in te samel vir hul uitreikprogram. Daarom reël hul ʼn lekker-loop middag by die Meyerton Sport & Recreation Klub.
Kom stap saam op 18 Julie as deel van 50 Shades of Spay se Mandeladag-vieringe. Toegang is R67 per familie en ʼn sak hondekos.
Tersia Venter nooi ook families en besighede om haar te kontak indien hul wil help om die 67 groot sakke hondekos te skenk. Haar nommer is 084 050 4826.
“Dis winter en daar is baie honde sonder kos. Ons wil daardie honde help om die winter te oorleef,” sê Tersia.
Op 18 Julie begin die pret om 12:00 en duur tot 15:00. Eet ʼn lekker middagete by die klub, voor of nadat jy en jou hondekinders die roete aangedurf het. Middagete is nie by die toegangsprys ingesluit nie.