Local newsNews

D.F se veldfietskampioene

Grondpad, veld en baie hobbels, die twee jongmanne skrik nie vir spoed of vuil word nie. Sterkte met die res van die reeks.

VANDERBIJLPARK – Laerskool D.F Malherbe spog met twee veldfietskampioene nadat Cooper Jackson (Graad 5) en LC Lubbe (Graad 2) Rondte 3 van die GXCC by die Carousel gewen het.

Die Gauteng Xross Country Klub (GXCC) reeks bestaan uit 8 rondtes en tans is LC en Cooper eerste in hul onderskeie afdelings.

Cooper Jackson in aksie by die Carousel. Foto: Laerskool D.F Malherbe/Facebook

Cooper ry in die GXCC 65cc Rookie klas. Hy het die derde rondte, wat oor 80 km gestrek het, in ʼn tyd van 2 ure en 2 minute klaargemaak. Cooper het in Graad R aan sy eerste resies deelgeneem.

In 2025 het hy in ʼn onderhoud met Vaalweekblad gesê: “Dit hou my net besig en dit is lekker om te ry.” My ma maak maar net haar oë toe as ek ry. Dit gaan alles oor spoed. ”

Hy erken hy is baie vuil as hy van die fiets afklim en moet eers buite afgespuit word voordat hy as modder-monster by die deur kan ingaan.

LC Lubbe op pad na oorwinning. Foto: Laerskool D.F Malherbe/Facebook

Dis moeiliker om sy fiets weer perfek skoon te kry. “My pa het al vyf weke op ʼn slag gesukkel om al die modder uit al die hoekies en plekke te kry,” vertel hy.

LC Lubbe ry al motorfiets vandat hy drie jaar oud is. Op 27 Junie het hy Rondte drie in die GXCC 50 cc klas gewen.

Die roete het oor 64 km gestrek en LC het in 1 uur 59 minute klaargemaak. Hy is op sy gelukkigste as hy met sy veldfiets oor grondpaaie kan ry en met sy 50cc oor hobbels kan spring.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button