NewsSport

Kaptein Kurt Darren wen R700k-boot in die Vaal

Groot vis, groot geld: Twee hengelaars wen R700 000-boot.

VANDERBIJLPARK – Wanneer die Koning van SA-Popmusiek se musiekfabriek nie treffers produseer, maak Kaptein Kurt Darren lyne op die Vaalrivier nat.

Gert Vermeulen and Kurt Darren by die boot wat hulle gewen het.

Darren en Gert Vermeulen het tydens die Vaal River Bass Classic 2026 by die Liquid Lounge River Venue by die Tsgo Sun Emerald Resort & Casino in Vanderbijlpark die prys vir die grootste vis, ’n boot-en-enjin-pakket ter waarde van sowat R700 000 gewen.

Hul beloning was ’n Ultra X17-boot met ’n Yamaha F150-buiteboordmotor wat hulle voortaan sal aandryf. Garmin het ook tot die prys bygedra.

Daar was voorts meer as R600 000 se prysgeld op die spel met die grootste vis as een van die vernaamste afdelings. Die geleentheid het ook ’n tweedaagse span-kompetisie en die Triple Crown Challenge ingesluit.

Team Bass World SA het die tweede plek in die spankategorie behaal en ’n Lowrance Elite 9 FS as prys ontvang.

Die kompetisie het hengelaars van regoor die land na die Vaalrivier gelok vir twee dae se swartbaars-hengel.

Kaptein, span die seile! Dié keer was dit ’n groot vangs wat Darren se naam op die ”charts” laat beland het.

Die volledige uitslae was tydens publikasie nie beskikbaar nie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button