News

Dante Chan Christen Sentrum vier 14 jaar van omgee

Die Dante Chan Christen Sentrum is op 1 Julie 2012 geopen deur Kaptein Alwyn Wilken, ’n polisiebeampte wat reeds vir 38 by die Vanderbijlpark SA Polisiediens gestasioneer is.

VANDERBIJLPARK – Die Dante Chan Christen Sentrum vier vanjaar 14 jaar se omgee en sorg vir die armes en haweloses in die dorp.

Die sentrum is geopen nadat Kapt. Wilken ’n roeping van God ontvang het om na ’n misdaadmispunt te gaan waar dwelm-/alkoholmisbruik, prostitusie en armoede floreer, en daar die hongeres te voed, die armes te klee en skuiling aan die haweloses te bied.

Kapt. Wilken het begin deur ‘n klein winkel te huur in die Becquerel-winkelsentrum, en dit in ‘n sopkombuis en klerebank omskep.

Bietjie later daardie maand (31 Julie 2012) het ‘n tragiese moord ‘n invloed op Kaptein Wilken gehad. ‘n 13 Jarige Chinese seun, Dante Chan, wat langsaan hom gewoon het is wreed vermoor. Kapt. Wilken het toe besluit die sentrum na Dante te vernoem.

Sedert 2012 het hierdie sentrum teen ’n vinnige pas gegroei en Kapt. Wilken genoodsaak om die sentrum op ‘n groter perseel te vestig.

In 2023 het hulle weer eens verhuis na die huidige, permanente perseel in Livingstone-boulevard 51, langs die Burgersentrum in Vanderbijlpark.

Dante Chan, die seun wat in 2012 wreed vermoor is, en na wie die sentrum vernoem is.

Die sentrum bied tans die volgende dienste van Maandae tot Vrydae:

Sopkombuis: Waar tot 200 mense daagliks om 10:00 gevoed word.

Klerebank: Waar klere aan behoeftiges uitgedeel word.

Stortgeriewe: Vir diegene wat nie die luukse het om hulself te bad nie.

Sondae: Kerkdiens en Sondagskool om 09:30.

Spesiale projek

Een van die sentrum se spesiale projekte sluit die jaarlikse kersboom vir minderbevoorregte kinders in.

Met hierdie projek beoog hulle om ’n geskenk aan sowat 150 kinders tussen die ouderdomme van 7 en 17 te verskaf, hulle met kos en lekkers te bederf, en hulle met springkastele, speletjies, ensovoorts te vermaak.

Inwoners in nood wag om van kos voorsien te word.

Ekonomiese stryd

As gevolg van die huidige ekonomiese situasie neem armoede daagliks toe, met al hoe meer mense wat hul werk en huise verloor, terwyl dwelm- en alkoholmisbruik aan die toeneem is.

Om die aantal honger en behoeftige mense te hanteer, het hierdie sentrum altyd ’n behoefte aan nie-bederfbare kos, vrugte en groente, skoonmaakmiddels, toiletware, komberse, en klere vir mans, vroue en kinders van alle groottes.

Enigiemand is welkom om die sentrum gedurende hul kantoorure vanaf 07:00 tot 12:00 te besoek.

Die sentrum sal enige finansiële skenkings opreg waardeer om te help om die sentrum se deure oop te hou.

Skenkings kan direk in hul bankrekening inbetaal word:

Bankbesonderhede
Rekeningnaam: Dante Chan Centre
Bank: Standard Bank
Rekeningtipe: Spaarrekening
Rekeningnommer: 10148677965

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button