News

HTS Carel de Wet-onnies slaap nie oortyd nie

Die Carels-leerlinge het in hul skooldrag eksamen geskryf, maar het dit baie geniet om hul onderwysers in hul slaapklere te sien.

VANDERBIJLPARK – HTS Carel de Wet se onderwysers het onlangs groot pret gehad tydens ‘n fondsinsameling vir liefdadigheid.

Getooi in hul beste slaapklere het die onnies bewys dat hulle nie oortyd slaap as daar saamgespan moet word vir ‘n goeie doel nie.

Die dag het natuurlik vir groot opwinding onder die leerlinge gesorg, terwyl daar warm komberse vir Vanderbijlpark Kinderwelsyn ingesamel is.

Die HTS Carel de Wet het die pretdag met groot geesdrif ondersteun.
Kyk hoe mooi, reg vir die kooi! Van links is: Sandra Austin, Willie Uckerman (faktootum) en Susan Crafford.
Die skoolhoof, mnr. Hans Labuschagne, geniet ‘n lekker koppie koffie.
Van die HTS Carel de Wet-onnies wat in die pret gedeel het is van links: Linda Masige , Damian Lewis, Michelle Myburg en Elzaan Lewis.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button