Local newsNews

Caitie doen dit weer… Benoem vir toekennings en FAK Skryf’it finalis

Caitie Rock is besig om opslae te maak in die musiekwêreld, nie net met haar sang nie, maar ook haar talent om liedjies te skryf

MEYERTON – Caitie Rock boer in die laaste tyd op verskillende treffersparades landswyd. Sy is onlangs benoem vir ‘n SA COUNTRY MUSIC ASSOCIATION/FOUNDATION (SAFMAF) toekenning as Female Newcomer of the Year Afrikaans.

Dan is sy in twee kategorieë benoem vir hierdie jaar se Afri-Indie Musiektoekennings. Haar Desember Dagdroom is benoem in die kategorie Beste Pop Enkelsnit onder 18, terwyl haar treffer, Alles is moontlik in die kategorie Beste Kontemporêre Enkelsnit onder 18 benoem is.

Sy het oorgeloop van vreugde toe sy gekies is as een van die FAK se  SKRYF’it Top 20. Sy het die lied, Môreland self geskryf en wou dit al vroeër die jaar vrystel, maar dit het nie gebeur nie.

“Ons tyd is nie altyd die perfekte tyd nie. Vertrou die proses. Die wagtyd is nie tyd wat verlore gaan nie, dit is die tyd waarin alles in plek val. Hier is ek nou Top 20 uit meer as ʼn 1000 inskrywings. Stemlyne vir 𝙈ô𝙧𝙚𝙡𝙖𝙣𝙙 maak volgende week maandag oop met William Wolfgang Loots as my ghoeroe!,” het sy op haar Facebookblad gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button