3 gearresteer vir 4 gesteelde voertuie
Onder die vier voertuie tel 'n wit Ford Ranger, toegerus met vals Mpumalanga-registrasieplate, wat in Vanderbijlpark gesteel was.
‘n Intelligensiegedrewe operasie deur onderskeie taakspanne het die afgelope naweek gelei tot die herwinning van vier voertuie (waaronder een uit Vanderbijlpark) en die inhegtenisneming van drie verdagtes in Mpumalanga.
Na die eerste twee arrestasies is daar tydens die ondervraging van een van die verdagtes inligting bekom wat daarop gedui het dat ‘n derde voertuig wat met die groep verbind word, in die rigting van die Matsulu-gebied gery het.
Die operasionele spanne het onmiddellik in aksie oorgegaan om die voertuig op te spoor. ‘n Verdagte Toyota Fortuner is voorgekeer en deursoek.
Voorlopige ondersoeke het bevestig dat die voertuig, wat met vals Mpumalanga-registrasieplate toegerus was, vroeër vandeesmaand in die Vanderbijlpark-polisiegebied as gesteel aangemeld is.
Die 39-jarige bestuurder is in hegtenis geneem en by die Nelspruit-SAPD aangehou op ‘n aanklag van die besit van ‘n vermoedelik gesteelde motorvoertuig.
Die operasie het voortgegaan en lede het later nog ‘n voertuig, ‘n wit Ford Ranger, naby Sudwala voorgekeer. Die voertuig was met vals Mpumalanga-registrasieplate toegerus.
Voorlopige ondersoeke het bevestig dat dit vroeër vandeesmaand in die Ivory Park-polisiegebied gekaap is.
Die 29-jarige manlike bestuurder is in hegtenis geneem en by die Nelspruit-SAPD aangehou op ‘n aanklag van die besit van ‘n vermoedelik gesteelde motorvoertuig.
Die volgende voertuie is herwin:




Die gearresteerde verdagtes sal na verwagting binnekort in die betrokke landdroshowe verskyn op aanklagte van die besit van vermoedelik gesteelde motorvoertuie.
Polisieondersoeke duur voort om vas te stel of die verdagtes met verdere voertuigdiefstal- en kapingsake verbind kan word.
Die waarnemende provinsiale kommissaris van die SAPD in Mpumalanga, generaal-majoor (dr.) Zeph Mkhwanazi, het alle lede en belanghebbendes wat by die suksesvolle operasies betrokke was, geloof.
Hy het gesê dat die herwinning van die voertuie en die arrestasies die waarde van intelligensiegedrewe polisiëring en sterk samewerking tussen wetstoepassingsagentskappe en private sekuriteitsvennote bewys.
