News

Onderwyser van Hoërskool Drie Riviere ontvang gesogte toekenning

'n Plaaslike onderwyser se passie vir onderwys is op die hoogste vlak beloon.

VEREENIGING – Hoërskool Drie Riviere se adjunkhoof, Winnette Scott, is tydens die Suid-Afrikaanse Onderwysers Unie (SAOU) se Driejaarlikse Kongres met die nasionale toekenning vir Uitnemendheid in Klaskamerpraktyk: VOO (Graad 10–12) vereer.

Die toekenning is aan Scott toegeken ter erkenning van haar uitnemende bydrae tot onderwys en haar toewyding aan gehalte-onderrig.

Scott is sedert 2009 ‘n gekwalifiseerde opvoeder en dien tans as adjunkhoof by Hoërskool Drie Riviere. Sy streef daarna om akademiese uitnemendheid met dienslewering en leierskap te kombineer.

Vir haar is onderwys meer as net ‘n beroep. Sy beskou dit as ‘n geleentheid om leerders te ontwikkel, te inspireer en deur gehalte-onderrig nuwe moontlikhede te skep. Haar lewensleuse, “It always seems impossible until it’s done,” weerspieël haar deursettingsvermoë en geloof in wat deur harde werk bereik kan word.

Benewens haar onderwysloopbaan het Scott ‘n honneursgraad in Onderwysbestuur en -reg verwerf.

Sy dien ook as onderhoofnasiener vir Lewenswetenskappe Vraestel 2 en het in 2023 as spreker by die Provinsiale Onderwysersimposium opgetree, waar sy die onderrig van Menslike Evolusie bespreek het.

Die SAOU het tydens sy Driejaarlikse Kongres erkenning gegee aan persone wat ‘n uitsonderlike bydrae tot die onderwysberoep lewer.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button