News

Waarskuwing: Sinkgat op R59

Volgens verslae word die sinkgat geleidelik groter en hou dit ’n ernstige veiligheidsrisiko in vir padgebruikers.

Inwoners van die Vaaldriehoek wat gereeld die R59-snelweg tussen Vereeniging en Sasolburg gebruik, word gewaarsku om op die uitkyk te wees vir ’n groot sinkgat wat langs die pad vorm.

Die sinkgat is geleë net verby die Ascotbrug aan die linkerkant van die pad, op die roete vanaf Sasolburg in die rigting van Vereeniging.

Motoriste word gevra om te alle tye waaksaam en versigtig te wees wanneer hulle hierdie gedeelte van die pad nader.

Die sinkgat langs die R59 van nader.

Wat is ‘n sinkgat?

‘n Sinkgat is ‘n natuurlike of mensgemaakte gat in die grondoppervlak. Dit ontstaan wanneer die ondergrondse steunlaag wegkalwe of inbreek, wat veroorsaak dat die boonste grondlaag skielik of geleidelik ineenstort.

Oorsake

Sinkgate kan natuurlik of deur menslike aktiwiteit veroorsaak word:

Natuurlike oorsake: Swaar reënval, vloede, of selfs strawwe droogtes (wat die grondwatervlak laat daal en die natuurlike opwaartse druk of “ondersteuning” van die water wegneem).

Menslike faktore sluit in:

Mynbou – Die wegpomp van ondergrondse water (soos histories in die goudvelde van Suid-Afrika se Wes-Rand gebeur het) destabiliseer die dolomiet-lae.

Infrastruktuur – Stukkende waterpype of rioollyste wat lek. Die aanhoudende waterstroom spoel die fyn gronddeeltjies onder die oppervlak weg totdat net die teerpad of boonste grond oorbly, wat dan ineenstort.

Swak stormwaterbestuur – Groot volumes water wat op een plek in die grond in gekanaliseer word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button