Local newsNews

DBV Inspekteur red diere van brand dood

Sy het vinnig gedink, hulp ingeroep en vele beeste van 'n veldbrand gered.

VANDERBIJLPARK – Inspekteur Lycinda Visser van die DBV Vereeniging was Sondag op pad werk toe. By die Mullerstuine Kleinhoewes het sy ʼn veldbrand gesien wat vinnig versprei het.

Lysinda het dadelik besef daar is diere in gevaar. Nadat sy vasgestel het dat die kleinhoewe eienaar nie tuis was nie, het sy dadelik tot aksie oorgegaan.

Die foto wat die DBV op hul Facebookblad geplaas het. Foto: SPCA Vereeniging & Vanderbijlpark/Facebook

Sy het die beeste na veiligheid gelei voordat die vuur hul oorval het. Sy het ook die Vaal Reaction Unit en Droogte Dolla gekontak. Lede van beide organisasies was gou op die toneel om te help.

Die diere is na veilgiheid geneem en hulle is van kos voorsien.

Die Vereeniging & Vanderbijlpark DBV het op hul Facebookblad die Vaal Reaction Unit en Droogte Dolla bedank vir hul vinnige optrede, spanwerk en deernis waarmee hul gehelp het.

“Dis insidente soos hierdie wat ons herinner dat die beskerming van diere ʼn gedeelte verantwoordelikheid is en dat lewens gered kan word, wanneer almal saamwerk. Ons is ongelooflik trots op Inspekteur Visser,” het die plasing gelui.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button